Beefmaster SA | News in 2016

Beefmaster SA News in 2016

Elite Platinum Bul in SA Stamboek se jaarlikse Elite toekennings

P W van Deventer – VAN DEV Beefmaster

Dit is vir ons baie aangenaam om u van harte geluk te wens met u bul, AHA 130874 wat die toekenning: Elite Platinum Bul in SA Stamboek se jaarlikse Elite toekennings verwerf het.

ELITE BUL PLATINUM BUL TOEKENNINGS (Veeplaas)

VEREISTES

  1. Dier moes ‘n plaas- of sentrale groeitoets voltooi het in die voorafgaande jaar tussen 1 Julie en 30 Junie (1 Julie 2014 tot 30 Junie 2015)
  2. Die bul moet aktief wees met die loop van die verslag en nie gekanselleer wees nie.
  3. Die moeder moes twee of meer keer ‘n Elite Goud toekenning ontvang het in die vooragaande twee of meer jare.
  4. Dier moet SP of hoogste status in die ras hê.
  5. Toets grootte >15/kontemporêre groep
  6. Teelwaarde indekse
    1. Geboorte direk >90
    2. Speen direk >100
    3. Speen maternaal >100
    4. Rangskik volgens GDT teelwaarde indeks
    5. Kies beste vyf bulle met vrugbaarheidsteelwaarde indekse >90.

 

Beefmaster SA

SA Stamboek / Landbouweekblad Elite 2016 Platinum-Koei toekenning

Mnr C A Jansen van Rensburg

Dit is vir ons baie aangenaam om Mnr Jansen van Rensburg van harte geluk te wens met sy koei, FRJ 040041, wat aangewys is as een van Stamboek se Elite Platinum koeie in die jaarlikse Elite toekennings.

Hierdie koeie, een per ras, word volgens uitsonderlike produksie- en reproduksiestandaarde uit die Logix Vleis-databasis geselekteer en is dit dus voorwaar ‘n prysenswaardige prestasie.

BESTE PRODUSERENDE KOEIE – VEREISTES
(toekennings word aan koeie gemaak deur Stamboek)

Geregistreerde rasse:

  1. Koei moet lewendig wees op lopie datum (normaal weeg op 15 Februarie jaarliks) van die Beste Produserende Koeie verslag
  2. Koei moet in besit wees van ʼn aktiewe deelnemer aan Logix Vleis op lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  3. Koei moet minstens vyf natuurlike kalf datums op rekord hê op lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  4. Koei se ouderdom by eerste kalwing mag nie hoër wees as 1 187 dae (39 maande).
  5. Koei se gemiddelde TKP (vir alle natuurlike kalwings) mag nie hoër wees as 415 dae.
  6. Koei moes ʼn normale kalwing gehad het binne 470 dae voor lopie datum van die Beste Produserende Koeie verslag.
  7. Na die eerste kalf met ʼn geldige speengewig, mag die koei maksimum twee kalwers hê sonder ʼn speengewig of met ʼn ongeldige speengewig, uitgesluit ‘n kalf aan voet.
  8. Gemiddelde speenindeks moet bo 90 wees om in aanmerking te kom.
  9. Eerste aanvaarding koeie word uitgesluit.

 

Teelwaarde vereistes:

  1. Die nuutste teelwaardes beskikbaar op Logix op lopiedatum van die Beste Produserende Koeie verslag sal altyd gebruik word.
  2. Speen direkte teelwaarde in die beste 50% van die aktiewe vroulike diere in ras.
  3. Speen maternale teelwaarde in die beste 50% van die aktiewe vroulike diere in ras.
  4. Geboorte direkte teelwaarde in die laagste 99% van die aktiewe vroulike diere in die ras.
  5. Geboorte maternale teelwaarde in die laagste 99% van die aktiewe vroulike diere in die ras.

Minimum aantal kalwers met geldige speengewigte, (uitgesluit kalf  >9 maande):

Elite-Goud:  7 kalwers
Elite-Silwer: 6 kalwers
Elite-Brons: 5 kalwers

ELITE- PLATINUM KOEI TOEKENNINGS (Landbouweekblad)

VEREISTES

  1. Die koei moes ʼn Elite-Goud toekenning ontvang gedurende die betrokke jaar.
  2. Die koei mag nie tevore ʼn Elite Platinum toekenning gekry het nie.
  3. Die koei se gemiddeldde tussenkalfperiode mag nie 400 dae oorskry nie.
  4. Die koei mag een kalf ouer as speen (270 dae) sonder ʼn speengewig hê.
  5. Die volgende aspekte sal beoordeel word om uit die kwalifiserende koeie (sien bogenoemde item 1 tot 4), die beste koei per ras te identifiseer:
    1. Koeiwaarde beter of gelyk aan 100.
    2. Persentasie retensie van haar nageslag, in ag genome geslag en stamboek status van elke kalf.
    3. Persentasie kalwers prestasie getoets (met geldige geboorte- en speengewigte).
    4. Aantal kalwers met geldige speengewigte in ag genome die koei se ouderdom.
    5. Dae sedert die laaste kalwin op die lopie datum nie > 400.

 

Beefmaster SA

 

Kuddes wat toekennings ontvang het vir 2016

Hier volg die lys van kuddes wat toekennings ontvang het vir 2016 in die Vleissentraal SA Stamboek Elite vleisbees kudde toekennings. Baie geluk aan hierdie wenners want elkeen van hierdie kuddes is wenners in hulle eie reg. Daar is net 10 Platinum kuddes in die land en 3 is Beefmasters. Welgedaan.

Congratulations to the following breeders who received Elite Awards:

PARTICIPANT

PARTICIPANT NAME

AWARD

0558757BMA

VAALBANK BOERDERY

Platinum

0462209BMA

MNR. PIETER VAN DEVENTER

Platinum

0594747BMA

BEEFMASTER ALLIANCE

Platinum

0585042BMA

MNR. JAN VAN HEERDEN

Goud

0588010BMA

DR. HENDRIK MEYER

Goud

0500484BMA

MNR. JAN DU TOIT

Goud

0459138BMA

MNR. KERNEELS JANSEN VAN RENSBURG

Goud

0323037BMA

MNR. W.C. ODENDAAL

Goud

0010224BMA

MNR. HARDUS STEENKAMP

Silver

0433068BMA

OTTERSHAW FARMS

Silver

0604369BMA

GW VAN DER SCHYFF VENNOOTSKAP

Silver

0589103BMA

ALASIL FARM (PTY) LTD

Silver

0637691BMA

5 X 5 BEEFMASTERS

Silver

0522681BMA

MNR. W.L. PIETERSE

Silver

0465952BMA

MNR. TOM FOUCHE

Silver

0635839BMA

CORBETT BEEFMASTERS

Silver

0638577BMA

MNR. JOHAN PRINSLOO

Silver

0612120BMA

MNR. ANTON REABOW

Brons

0617183BMA

GERMAR BEEFMASTERS

Brons

0627683BMA

MR CHRISTOPHER DWEN

Brons

0655368BMA

MNR. WILLIE MOOLMAN

Brons

0579681BMA

DELTA BEEFMASTERS

Brons

0471474BMA

MNR. PIET HUMAN

Brons

0609225BMA

BARCO BEEFMASTERS

Brons

0652388BMA

MNR. DEWALD SCHOLTZ

Brons

0581160BMA

MR LLEWELLYN MACLEAN

Brons

0414912BMA

AGEN LANDGOED

Brons

0648714BMA

SIZANA TRUST

Brons

 



 

Contact Us

T: 056 817 2404
F: 086 511 7721
E: beefmastersa@telkomsa.net


COPYRIGHT 2017 © BEEFMASTER SA. WEBSITE, SEO & CMS BY QUICKSOLVE INTERNET